Pa-en-seunkamp

Polsslag Voortrekkers nooi al die ouens uit na hierdie wegbreek vir manne. Ons gaan dit so bietjie ”rough it” op die Plaas Spitskop naby Derby. Tydens die naweek gaan ons, ons seuns die geleentheid gee om meer te leer van vuurwapens.

Wie: Pa’s en hul seuns. As jy nie ’n seun het nie, leen ons vir jou een. As jou pa nie kan kom nie, leen ons vir jou een.
Wanneer: 9 tot 11 Februarie 2018
Koste: R50 per gesin Kontant met aankoms is die maklikste
Inskrywings: Voltooi die elektroniese vorm hieronder.
Groep: https://chat.whatsapp.com/ImPiQJMVxazIPgnrncK6RM
Waar: Plaas Spitskop naby Derby (±150km vanaf Centurion)
GPS Koördinate: -25.855899, 27.34957
Aanwysings: http://goo.gl/d0uywB
Vervoer: Eie vervoer. Ons kan koördineer vir saamry geleenthede sodra ons weet wie gaan.
Inpaklys: Bring jou eie tent en kos vir die naweek. Saterdag voorsien ons ’n pot mieliepap. Daar is net ’n ”longdrop”, kraan en ’n plaasdam – enige iets anders moet jy saambring. Ons wil graag ons seuns die geleentheid gee om meer te leer van vuurwapens – dus pa’s, as julle kan, bring asseblief jul vuurwapens saam asook ammunisie (indien moontlik, genoeg om te deel).
Navrae: Vir meer inligting kontak gerus vir Marius Snyman by 084 549 7998 of mjsnyman@gmail.com.
Vrywarings: Ouer of wettige voog, neem asseblief kennis dat wanneer jy ‘n kind inskryf vir die Pa-en-Seun Kamp, dat jy instem tot die Vrywaring deur Ouer of Wettige Voog en hierdie vrywaring onvoorwaardelik aanvaar. Kliek op hierdie skakel om die vrywaring te lees: http://www.polsslag.co.za/aanlyn-inskrywings/vrywarings/
Volwassene, neem asseblief kennis dat wanneer jy jouself inskryf vir die Pa-en-Seun Kamp, dat jy instem tot die Vrywaring deur Volwassene en hierdie vrywaring onvoorwaardelik aanvaar. Kliek op hierdie skakel om die vrywaring te lees: http://www.polsslag.co.za/aanlyn-inskrywings/vrywarings/

Manne, kom geniet hierdie naweek saam met ons!