Terrein & Saal

Polsslag Voortrekkers se terrein en saal is sentraal geleë in Centurion naby hooftoegangroetes na Pretoria en Midrand. Die bome wat jong Voortrekkertjies geplant het op boomplantdag in die jare 80 en 90 het mooi gegroei en gee baie skadu oor die hele terrein.

Die saal is toegerus met ʼn gerieflike kombuis met ʼn stoof en yskas, daar is  ʼn luikdeur na die saal en een na buite onder die afdak. Onder die afdakke is verskeie braaiplekke en ʼn put waarin ʼn gesellige kampvuur gemaak kan word. Die saal is geskik vir partytjies, troues, jaareindfunksies en ʼn verskeidenheid ander funksies.

Saam met dit alles is daar ruim area waar mense kan parkeer en is dit maklik om die terrein te beveilig deur slegs die twee toegangshekke te sluit.

Geriewe:

  • Die saal kan 150 mense akkommodeer.
  • Staaltafels en stoele is beskikbaar.
  • Kombuis met ‘n stoof en ‘n yskas.
  • Braaigeriewe en ‘n groot afdak.
  • Veilige parkeerarea.

Pryse word op aanvraag gegee.

Besprekings:

Naam en VanKontaknommerE-posadres
Joan Smith082 469 7289saal.besprekings@polsslag.co.za
Joan Seyffert084 581 8205saal.besprekings@polsslag.co.za


Adres:

Gloverlaan 264
Lyttelton, Centurion

GPS Koördinate: 25°84’46.93”S  28°19’93.86”E