Terrein & Saal

Polsslag Voortrekkers se terrein en saal is sentraal geleë in Centurion naby hooftoegangroetes na Pretoria en Midrand. Die bome wat jong Voortrekkertjies geplant het op boomplantdag in die jare 80 en 90 het mooi gegroei en gee baie skadu oor die hele terrein.

Die saal is toegerus met ʼn gerieflike kombuis met ʼn stoof en yskas, daar is  ʼn luikdeur na die saal en een na buite onder die afdak. Onder die afdakke is verskeie braaiplekke en ʼn put waarin ʼn gesellige kampvuur gemaak kan word. Die saal is geskik vir partytjies, troues, jaareindfunksies en ʼn verskeidenheid ander funksies.

Saam met dit alles is daar ruim area waar mense kan parkeer en is dit maklik om die terrein te beveilig deur slegs die twee toegangshekke te sluit.

Geriewe:

  • Die saal kan 150 mense akkommodeer.
  • Staaltafels en stoele is beskikbaar.
  • Kombuis met ‘n yskas, ‘n 20L warmwaterketel en genoegsame werksoppervlakte
  • Braaigeriewe en ‘n groot afdak.
  • Veilige parkeerarea.

Pryse word op aanvraag gegee.

Besprekings:

Naam en VanE-posadres
Jaco Peroldsaal.besprekings@polsslag.co.za
Marli Weyersaal.besprekings@polsslag.co.za

Inligting van huurder



















Inligting van gebeurtenis








Aanvangs Tyd :
Eind Tyd :

Bevestiging

Tenant information



















Event information








Start date :
End date :

Confirmation

Adres:

Gloverlaan 264
Lyttelton, Centurion

GPS Koördinate: 25°84’46.93”S  28°19’93.86”E