Vrywarings

Die Voortrekkers het twee vrywarings wat van toepassing is op sy lede: Die eerste vrywaring word gemaak deur die ouer of wettige voog van ʼn jeuglid en die tweede vrywaring deur ʼn volwasse lid van Die Voortrekkers. Hierdie vrywarings se doel is om die lede van Die Voortrekkers en Die Voortrekkers self te beskerm wanneer iets verkeerd loop. Dit sê duidelik tot watter mate die onderskeie partye aanspreeklik gehou kan word onder bepaalde omstandighede. Dit is dus uiters belangrik dat elke ouer, wettige voog en volwasse lid die inhoud hiervan deur werk en deeglik begryp.

Vrywaringsvorm 

Vrywaring deur ouers en wettige voogde:

  1. Dat ek hiermee Die Voortrekkers, al sy openbare amptenare, al sy verteenwoordigers en lede vrywaar teen aanspreeklikheid van enige eis om skade, uitgesonderd skade veroorsaak deur hulle growwe nalatigheid, hetsy gebaseer op geldelike verlies, uitgawes aangegaan in verband met sodanige skade, eise vir pyn en lyding, eise vir verlies aan toekomstige inkomste of watter ander aanspreeklikheid ook al, wat mag voortspruit uit een of meer van die volgende:
    1. dood of besering aan die persoon van bogenoemde kind;
    2. verlies van eiendom en / of reis op pad na of van enige perseel waar sodanige aktiwiteit aangebied word waarby Die Voortrekkers of enige van sy verteenwoordigers dit op enige vlak georganiseer het of betrokke is.
  2. Dat ek hiermee die gemagtigde verteenwoordiger(s) van Die Voortrekkers wat in bevel mag wees tydens enige voorval waarin bogemelde kind beseer mag word, magtig en aanstel om namens en in my plek tot enige van die ondergestelde toe te stem indien ek, om welke rede ook al, nie beskikbaar is nie:
    1. chirurgiese of mediese prosedure en / of toediening van narkose wat nodig mag wees as gevolg van enige besering aan die persoon van die bogemelde kind;
    2. die aangaan van mediese koste in verband met bogemelde kind insluitend nood mediese afvoer.
  3. Dat ek waarborg en bevestig dat ek self gemagtig is en die reg het om tot sodanige optrede in te stem en bekragtig enige optrede hier kragtens gedoen.
  4. Dat ek onderneem om enige (van die bogemelde) koste ten opsigte van bogemelde op aanvraag te betaal en onderneem hiermee om Die Voortrekkers en / of enige van sy openbare amptenare en / of enige van sy verteenwoordigers te vergoed vir en vrywaar teen enige koste wat in hierdie verband aangegaan mag word.
  5. Dat ek bevestig dat enige mediese rekening direk aan my gestuur moet word en onderneem om alle koste in die verband op aanvraag te betaal.

Vrywaring deur volwasse lede van Die Voortrekkers:

  1. Dat ek hiermee Die Voortrekkers, al sy openbare amptenare, al sy verteenwoordigers en lede vrywaar teen aan­spreek­likheid van enige eis om skade uitgesonderd skade veroorsaak deur hulle nalatigheid, hetsy gebaseer op geldelike verlies, uitgawes aangegaan in verband met sodanige skade, eise vir pyn en lyding, eise vir verlies aan toekomstige inkomste of watter ander aanspreeklikheid ookal, wat mag voortspruit uit een of meer van die volgende:
    1. dood of besering aan my as die persoon;
    2. verlies van eiendom van my as persoon terwyl ek betrokke is by enige aktiwiteit en / of reis op pad na of van eni­ge perseel waar sodanige aktiwiteit aangebied word waarby Die Voortrekkers of enige van sy ver­teen­woor­digers dit op enige vlak georganiseer het of by betrokke is.
  2. Dat ek hiermee die gemagtigde verteenwoordiger(s) van Die Voortrekkers wat in bevel mag wees tydens enige voorval waarin ek beseer mag word, magtig en aanstel om namens my en in my plek tot enige van die ondergemelde toe te stem indien ek, om welke rede ookal, nie daartoe in staat is nie en nie enige spesifieke naasbestaande beskikbaar is nie:
    1. chirurgiese of mediese prosedure en / of toediening van narkose wat nodig mag wees as gevolg van enige be­sering aan my persoon;
    2. die aangaan van mediese koste in verband met bogemelde en insluitend nood mediese afvoer.
  3. Dat ek waarborg en bevestig dat ek self gemagtig is en die reg het om tot sodanige optrede in te stem en bekragtig enige optrede hierkragtens gedoen.
  4. Dat ek onderneem om enige van die bogemelde koste ten opsigte van bogemelde op aanvraag te betaal en on­der­neem hiermee om die Voortrekkers en / of enige van sy openbare amptenare en / of enige van sy verteenwoordigers te vergoed vir en vrywaar teen van enige koste wat in hierdie verband aangegaan mag word.
  5. Dat ek bevestig dat enige mediese rekening direk aan my gestuur moet word en onderneem om alle koste in die ver­band, op aanvraag, te betaal.