Rietvallei GGN

SPERDATUM: Dinsdag 2 Mei 2017 (geen inskrywings word op die dag aanvaar nie)
DATUM: 12-14 Mei 2017
PLEK: Die Voortrekkermonument
Google Maps: https://goo.gl/maps/z6rNXDYijho
NAWEEKKURSUSSE: Registrasie vind plaas Vrydag vanaf 17:30 tot 18:30. Aandete is direk na registrasie. Maak klaar op Sondagoggend om 12:00 wat die kerkdiens insluit. Kursusse wat oorslaap moet asseblief hul eie tente saambring.
OORSLAAPKURSUSSE Registrasie vind plaas Vrydag vanaf 17:30 tot 18:30. Aandete is direk na registrasie. Maak klaar op Saterdag om 16:00. Kursusse wat oorslaap moet asseblief hul eie tente saambring.
DAGKURSUSSE: Registrasie vind plaas Saterdag vanaf 07:15 tot 07:45 en maak om 16:00 klaar. (Gr. 1 en 2 maak om 14:00 klaar.)
SPESIALISASIES:
Gr. 1 Ek weet (A) R110 13 Mei
Gr. 2 Noodhulp (A) R110 13 Mei
Gr. 3 Paraatheid (B) R130 13 Mei
Gr. 4 Groot Trek (B) R190
R250
12-13 Mei
12-14 Mei
Gr. 5 Delwerye (B) R190
R250
12-13 Mei
12-14 Mei
Gr. 6 Persoonlike Versorging (B) R200
R250
12-13 Mei
12-14 Mei
Gr. 7 Voorslagvoorbereiding R180 12-13 Mei
Verkenners Waardes R160 13 Mei
Verkenners Boogskiet R160 13 Mei
Verkenners Handvaardighede R160 13 Mei
Verkenners (Gr. 10) Portefeuljewerk R55 12 Mei (18:00-21:00)
Verkenners (Gr. 10-12) Vliegkuns (slegs 25) R650 13 Mei
Verkenners Spyseniering R250 13 Mei
ETES: Inskrywingsfooi sluit ‘n worsbroodjie en koeldrank in vir Saterdagmiddagete. Addisionele etes word aan kursusgangers, wat oorslaap, verskaf (Vrydagaand, Staredagoggend, -middag en -aand; Sondagoggend). Daar is deurlopend sap beskikbaar vir jeuglede.
VOLWASSENES: Kommando’s moet asseblief een volwassene vir elke tien jeuglede/span inskryf. Veilige parkering vir voertuie sal voorsien word.
KLEREDRAG: Aktiewe Voortrekkerdrag vir alle jeuglede. Jeuglede wat Voorslagvoorbereiding doen moet formele Voortrekkerdrag aantrek. Naweek kampeerders moet formele Voortrekkerdrag bring vir Sondagoggend se kerkdiens. Slegs die voorgeskrewe warmdrag mag gedra word.
SNOEPIE: Daar sal ‘n snoepie die hele naweek beskikbaar wees.
ADMINISTRASIE: Sertifikate word uitgereik volgens die spelling op die inskrywingsvorm, so maak asseblief seker dat die vorm korrek voltooi is.
Sertifikate en kentekens word aan die einde van die dag aan die jeuglede oorhandig voordat hulle vertrek. Geen sertifikaat sal onvolledig uitgereik word nie, dus moet al die inligting op die inskrywingsvorm volledig aangebring word.