Vrugtefees Afskop

Polssag se vrugtefees afskop

Met Polsslag se jaarlikse vrugtefees afskop het nuwe en bestaande Voortrekkers in groot getalle op 30 Januarie 2012 by die Voortrekkersaal  opgedaag.

Graag wil ons al die groot getal nuwe Graad 1’s, en die baie nuwe kinders in die ander grade, hartlik verwelkom.  Dis ook lekker om die ou gesiggies weer te sien.  Een maal ‘n Voortrekker, altyd ‘n Voortrekker.

Die nuwe Graad 1’s  en hulle ouers, wat aanvanklik  orals  rondgestaan en kyk het hoe die ou maats blyis om mekaar weer te sien, het gou-gou deel geword nadat KL Danie Langner geopen het en alle nuwelinge  na hul onderskeie offisiere verwys het.  Die nodige papierwerk is in ‘n japtrap afgehandel, waarna die  waatlemoen etery en smeerdery en glybaan almal verenig het as PD’s van Polsslag.

Vir die nuwelinge: Daar is heelwat pret en plesier wat nog voorlê.  Ons glo julle gaan dit baie geniet.

Hier is ‘n foto van al die nuwe graad 1’s.

Hou Koers groete

Share Button
Like ons op Facebook