Noordpos GGA

INSKRYWINGS: Gebruik asseblief hierdie vorm om in te skryf: http://www.polsslag.co.za/documents/2017/04/noordpos-gga-inskrywingsvorm.doc

  1. Laai die vorm af en voltooi een vorm, elektronies, vir elke persoon wat ingeskryf word.
  2. Druk die vorm, die ouer/wettige voog teken die vorm en skandeer dit na ‘n elektroniese formaat (verkieslik PDF).
  3. Stuur al die vorms aan inskrywings@polsslag.co.za.
  4. Betaal die betrokke fooi oor in Polsslag Voortrekkers se bankrekening.

Tjekrekening: 600 511 262
Takkode: 632 005
Verwysing: Voorletter en van, lid se graad en die betrokke kortkode (hierdie kortkode sal saam met die spesifieke inligting van die aktiwiteit gegee word). ʼn Voorbeeld van ʼn goeie verwysing is: PRoux 6 SWGGA

Stuur die bewys van betaling aan finansies@polsslag.co.za.

BAIE BELANGRIK: Sertifikate word uitgereik volgens die spelling op die inskrywing. Ouers word versoek om asseblief seker te maak dat die vorms korrek en volledig ingevul is.

SPERDATUM: Woensdag 3 Mei 2017 (geen vorms sal na hierdie datum nog aanvaar word nie)
DATUM: Vrydag 19 Mei tot Saterdag 20 Mei 2017
TYD: Gr. 4-7: Vrydag om 18:00 tot Saterdag om 16:00
Gr. 1-3: Saterdag om 07:00 tot Saterdag om 14:00
Let daarop dat niemand vroeg afgehaal mag word nie.
PLEK: Laerskool Stephanus Roos, Antunstraat 273, Sinoville
Google Maps: https://goo.gl/maps/eUrhBmpERaB2
SPESIALISASIES:
Gr. 1 Selfsorg (A) R120 20 Mei
Gr. 2 Dierewaarneming (A) (slegs 50) R120 20 Mei
Gr. 3 Plantwaarneming (A) R120 20 Mei
Gr. 4 Noodhulp (B) R185 19 Mei (oorslaap)
Gr. 5 Spanseremonies (B) R185 19 Mei (oorslaap)
Gr. 6 Paraatheid (B) R185 19 Mei (oorslaap)
Gr. 7 Seremonies (B) R185 19 Mei (oorslaap)
VOLWASSENES: Koste vir ‘n volwasse meeloper beloop R100 per persoon.
OORSLAAP: Daar sal op die skoolgronde oornag word. Daar is ongelukkig geen stort- of badgeriewe beskikbaar nie.
INPAKLYS: Bring asseblief die volgende items saam: Slaapsak, kussing, matrassie, wassakkie, badkamertoebehore en toegeruste bordesak.
DRAG: Gr. 1-6 aktiewe Voortrekkerdrag of spandrag
Gr. 7 formele Voortrekkerdrag (dit is deel van die kenteken se vereistes)
ETES: Gr. 4-7: Vrydagaand, Saterdagoggend en -middag
Gr. 1-3: Saterdagmiddag
SNOEPIE: Daar sal vir die duur van die kentekendag ‘n snoepie beskikbaar wees.