Aanlyn-inskrywings

Omdat ons in die 21ste eeu lewe het Polsslag Voortrekkers besluit om die inskrywings vir aktiwiteite en kampe maklik te maak: Ons gebruik daarom aanlyn-inskrywings soos en waar ons kan.

Registrasie van lede

Lede wat in 2020 op die stelsel geregistreer was kan uitkyk vir ʼn e-pos met hulle nuwe Voortrekker-registrasienommer. Op die e-pos is ʼn skakel om maklik te herregistreer. Lede wat nie ʼn e-pos ontvang het nie, kan Joan Seyffert by 084 581 8205 of by seyfferthome@gmail.com kontak. Sy sal jou registrasienommer vir jou aanstuur. Jou registrasienommer is ook by jou spanoffisier beskikbaar.

Om ʼn jeuglid te herregistreer, klik hier.
Om ʼn volwasse lid te herregistreer, klik hier.

Indien jy nog nooit geregistreer was as ʼn Voortrekker nie, met ander woorde jy is ʼn splinter nuwe Voortrekker, kan jy van die volgende skakels gebruik maak: (Moenie hierdie skakels gebruik as jy al ooit as ʼn Voortrekker geregistreer was nie!)

Om ʼn nuwe jeuglid te registreer, klik hier.
Om ʼn nuwe volwasse lid te registreer, klik hier.

Andersins kan jy hierdie skakel klik om jou opsies te oorweeg: https://registrasie.voortrekkers.co.za/

Dit is belangrik op voor 28 Februarie 2021 te registreer. Registrasiegelde moet teen einde April 2021 aan Polsslag Voortrekkers oorbetaal word. Dit is belangrik om kennis te neem dat finansies geensins in enige iemand se pad moet staan om ʼn Voortrekker te wees nie, ons help enige lid wat graag ʼn Voortrekker wil wees maar dit nie kan bekostig nie. Indien jy aansoek wil doen om finansiële ondersteuning, moet sodanige aansoek ook teen einde April aan Annerie de Jager by 082 924 0529 of annerie.dejager@gmail.com gestuur word.

Wat is Polsslag se bankbesonderhede?

Polsslag Voortrekkers bank tans by ABSA.

Tjekrekening: 600 511 262
Takkode: 632 005
Verwysing: Voorletter en van, lid se graad en die betrokke kortkode (hierdie kortkode sal saam met die spesifieke inligting van die aktiwiteit gegee word). ʼn Voorbeeld van ʼn goeie verwysing is: PRoux 6 SWGGA

Stuur die bewys van betaling aan finansies@polsslag.co.za.

Hoe weet ek watter aktiwiteite en/of kampe aangebied word?

Eerstens sal ons ʼn kennisgewing op ons poslys uitstuur met die nodige inligting:

  • watter kentekens aangebied word;
  • wanneer die sperdatum vir die inskrywings is;
  • of daar enige beperkinge op die aantal inskrywings is; en
  • die proses wat gevolg moet word om jou kind in te skryf.

Tweedens kan jy Polsslag se webblad dop hou vir watter aktiwiteite gelys word onder hierdie afdeling. Elke aktiwiteit sal ʼn bladsy van sy eie hê met al die bogenoemde inligting daarop, plus die aanlyn-inskrywingsvorm, indien dit van toepassing is.

En laastens as jy nêrens anders reg kom nie, kan jy altyd op Transvaal se webblad gaan kyk vir die betrokke aktiwiteit of kamp se inligting.

Jy is natuurlik ook welkom om vir ons ʼn e-posboodskap te stuur na administrasie@polsslag.co.za.